NewsNews

Platinum en Goud vir Rotariër Klubs

Rotariërs is bekend vir hul onbaatsugtige diens aan die gemeenskap.

Hierdie jaar was weens Covid-19 ‘n besondere moeilike jaar, maar dit het nie die Vaal se Rotariërs gestuit om goed te doen en te help nie. Hul harde werk is op 3 November beloon toe die 2019/2020 distriksgoewerneur (DG), Maurice Stander, toekennings aan die plaaslike klubs se presidente oorhandig het.
Stander en sy vrou, Chrisna het van Haernertsburg in die Limpopo Provinsie gereis om die geleentheid by te woon.
Assistent-goewerneur Tilla la Grange het gesê haar trotste oomblik van die jaar was toe al vier haar klubs toekennings ontvang het en dit nogal met onderskeiding. Rotary Internasionaal stel elke jaar doelwitte op wat die klubs dan nastreef om te behaal.
Klubs wat dit regkry word beloon met ‘n Presidensiële Toekenning van Rotary Internasionaal.
Die Rotary klubs van Riverside, Vanderbijlpark en Meyerton/Henley-on-Klip het die gesogte Platinum-toekenning ontvang, terwyl die Rotary klub van Vereeniging goud ontvang het. ‘n Rotary-jaar is tradisioneel van Julie tot einde Junie en daarom is die toekennings deur die 2019/2020 presidente in ontvangs geneem.
Rotary Internasionaal bestaan wêreldwyd uit 1.3 miljoen lede wat almal in verskillende distrikte diens doen. Suid-Afrika vorm saam met Botswana, Swaziland en Mosambiek, Distrik 9400 wat uit 71 klubs bestaan.
Vier van die klubs is in die Vaaldriehoek en staan bekend as die Rotary Klubs van Riverside, Vanderbijlpark, Vereeniging en Meyerton/Henley on Klip.
https://vaalweekblad.com/81027/platinum-en-goud-vir-rotarier-klubs/

Related Articles

Back to top button