NewsNews

Borg vir tweede verdagte wat na bewering met kinders peuter

Nóg ‘n man van die omgewing wat die afgelope maand in verband met wandade met kinders gearresteer is, het die afgelope week borg gekry.

Dié man, ‘n 52-jarige inwoner van Elandsrand, is op 5 November deur die polisie se provinsiale eenheid eenheid vir gesinsgeweld, seksuele oortredings en kinderbeskerming in verband met die vervaardiging en besit van kinderpornografie gearresteer. Drie onwettige vuurwapens, waarvan een ‘n haelgeweer is, sowel as onwettige ammunisie, is ook in dié man se huis gevind.
Volgens die ondersoekbeampte, AO Bossie Boshoff, het die man op Vrydag 20 November vir ‘n formele borgaansoek in die Fochville Landdroshof verskyn.


Hy is op R4 000 borg vrygelaat onder die voorwaarde dat hy nie naby die gebied waar die misdade na bewering gepleeg is, mag kom nie. Die saak is tot 24 Maart uitgestel.
Die tweede man wat aanvanklik op dieselfde dag gearresteer is en op aanklagte van die verkragting en onsedelike aanranding van kinders aangekla is, ‘n 52-jarige inwoner van Deelkraal, het reeds op Vrydag 13 November in die Oberholzer Landdroshof borg ontvang.

Related Articles

Back to top button