NewsNews

Operasie in Onderstepoort kan Yoda red

Daar word tans hard gespook om geld in te samel vir ‘n geliefde Pekingese-hondjie, Yoda, deur ‘n man geskop en ernstige rugbeserings opgedoen het. Na ‘n besoek aan die veearts is daar gevind dat dit nie nodig is om die skattige Yoda te laat uitsit nie, maar ongelukkig is dit ‘n duur operasie wat in Onderstepoort gedoen sal moet word.

Yoda die 6-jarige hondekind van Amanda Griesel (eienaar van die Phoenix Pub & Grill in Vanderbijlpark) is op 16 November deur ‘n man geskop wat in die asblikke gegrou het. “Yoda het dadelik swaar begin loop en is verder beseer to hy van die bed afgespring het,” vertel Amanda. Sy raai nou ander honde-eienaars aan om liewer trappies langs beddens vir hul hondjies aan te skaf.

Amanda het Yoda by twee veeartse gehad. Die tweede veearts, Dr. Swanepoel van die Drie Riviere Diere Hospitaal in Vereeniging, het Yoda onder narkose ondersoek en x-strale geneem. Daar is toe gevind dat Yoda drie beserings op sy rugwerwel het. Dr. Swanepoel het verder aan Amanda verduidelik dat dit nie nodig is om Yoda te laat uitsit nie, en dat die kanse op herstel na die operasie goed is. Amanda het tot dusver reeds R4 500 aan veearts-onkostes betaal, maar ‘n verdere R34 000 word benodig vir die noodsaaklike operasie in Onderstepoort.

Om die rede word daar Vrydagaand (27 November) ‘n fondsinsameling-vertoning by die Phoeix Pub in Edison-boulevard. Gewilde plaaslike sangeres, Melissa, gaan vanaf 18:00 optree. Toegang is gratis. Daar sal ‘n kompetisie wees waartydens donasies gemaak kan word en kaartjies vir ‘n gelukkige trekking verkoop sal word teen slegs R20 ‘n kaartjie. Die prys sluit in, drinkgoed, vleis, eiers, charcoal, firelighters, asook lekkergoed. Die prystrekking sal op Vrydag 4 Desember om 22:00 by die klub plaasvind. Melissa sal ook daardie aand optree. Die pryswenner moet teenwoordig wees om prys in ontvangs te neem.

‘n Tweede fondsinsameling sal op Maandag, 30 November 2020 by JJ Glass, Edison-boulevard in Vanderbijlpark wees – daar sal ‘n tafel wees waar waardevolle items verkoop sal word.

“Dit gaan onder omstandighede goed met Yoda. Sy linker agterbeen sleep weens die besering, maar hy is huidiglik op Cortisoon, asook ander spesiale medikasie om sy stoelgang te reguleer wat ook kan bydra tot die vererging van sy beserings. Hy het egter geen eetlus nie en word dus gevoer,” vertel Amanda. Sy voer aan dat dit nie vir haar ‘ n opsie is om Yoda te laat uitsit terwyl daar hoop is nie. Yoda is vir haar en haar man Pieter soos ‘n kind. Hulle wil alles probeer om Yoda te red.

As enigiemand ‘n  bydrae wil maak kan Amanda by 076 982 3946 gekontak word. Amanda en Pieter se harte is seer maar hulle is hoopvol en bedank elkeen in die gemeenskap wat ‘n bydrae maak of hulle ondersteun. Amanda sê ook sou iets skeefloop voor of tydens die operasie, al die fondse wat ingesamel is dan aan ander honderekeninge geskenk sal word by die veearts.

Opdaterings kan gevolg word op Melissa Solo Artist Facebookblad, asook in Vaalweekblad.

Yoda en Tequila. Albei die hondjies se eetlus is deur Yoda se besering geaffekteer. Dit wil voorkom of Tequila oor sy pa Yoda se besering treur.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Operasie in Onderstepoort kan Yoda red

 

Related Articles

Back to top button