Speurders van Hennenman tesame met lede van misdaadvoorkoming het onverpoosd gewerk om die verdagtes vas te trek na die moord op die 56-jarige Pieter Hills, n boer van Hennenman en aanval op sy 26-jarige seun, Eddie, Donderdagaand 5 November. Eddie veg steeds om sy lewe na die aanval op hul plaas Swartpan.
Pieter is in die kop geskiet en sy seun van agter met n skerp voorwerp gesteek wat sy long deurdring het. Eddie is ook in die nek skiet.
Die intelligensie gedrewe misdaad operasie het gelei tot die arrestasie van 4 verdagtes in Phomolong, Hennenman, gisteraand. Een van die verdagtes, n 47-jarige man is egter vanoggend, Saterdag 7 November gekry waar hy homself in sy sel gehang het.
Die ander 3 verdagtes in hul dertigerjare sal nou op n klag van moord en huisroof in die Hennenman landdroshof verskyn, het die polisie gesê.
Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:
https://parysgazette.co.za/45040/hennenman-plaasmoord-verdagte-dood-in-selle-gekry/?fbclid=IwAR0SJkufyD96SbHXVeYSCBAGTVmiZicEsoURmNNW5XXCcAdx6mgJgI_knew