Die NG Kerk Drie Riviere-Oos het dr. Malan in ’n plasing op Facebook as ’n “geliefde lidmaat en vriend” beskryf en gesê dat hy gemis sal word. Dr. Malan sal onthou word as radioloog maar ook vir sy betrokkenheid by die NG Kerk.
Hy was eers ’n lidmaat van die NG Kerk in Peacehaven, het later oorgegaan na die NG Kerk Drie Riviere en was die laaste paar jaar ’n lidmaat van die NG Kerk Drie Riviere-Oos. Hy was die afgelope paar jaar ’n inwoner van die Palms Aftreeoord in Drie Riviere. ’n Gedenkdiens is Maandag, 19 Oktober vanuit die NG Kerk Drie Riviere-Oos vir dr. Malan gehou. Hy word oorleef deur sy vrou Fernanda en kinders.
Hier is ‘n skakel na dir oorspronklike berig: