NewsNews

Is oudpolisiekolonel nou weer vry?

Is ’n oudpolisiekolonel wat vroeër gevonnis is nadat hy vuurwapens in polisiebesit gesteel en onder meer aan Kaapse bendes verkoop het vrygelaat nadat hy slegs so rapsie minder as vier jaar van sy vonnis van 18 jaar uitgedien het? Daar word bespiegel dat Christiaan Lodewyk Prinsloo (59) van Vereeniging weer ‘n vrye man is nadat …

Is ’n oudpolisiekolonel wat vroeër gevonnis is nadat hy vuurwapens in polisiebesit gesteel en onder meer aan Kaapse bendes verkoop het vrygelaat nadat hy slegs so rapsie minder as vier jaar van sy vonnis van 18 jaar uitgedien het?

Daar word bespiegel dat Christiaan Lodewyk Prinsloo (59) van Vereeniging weer ‘n vrye man is nadat foto’s van ’n man wat op ’n haar soos Prinsloo lyk onlangs die lig gesien het.

Op een van die foto’s wat in Septembermaand geneem is kan mens sien hoe die man, geklee in ’n kakiehemp en sweetpakbroek, deur ’n parkeerterrein loop. In ’n tweede foto staan hy by ’n kassiere terwyl hy vir ’n tweeliter melk betaal.

Die man op die foto’s lyk na Prinsloo maar is egter baie gewigtiger as hy. Netwerk24 berig dat Logan Maistry, ’n woordvoerder van die department van korrektiewe dienste (DKD), navrae oor Prinsloo se beweerde vrylating na Delekile Klaas, areakommissaris van die DKD in die Wes-Kaap verwys het. Klaas wou nie sê of Prinsloo op parool vrygelaat is nie.

Kolonel Christiaan Lodewyk Prinsloo. Foto: Cindy Waxa/Cape Argus
‘n Man wat soos oudpolisiekolonel Prinsloo lyk in ‘n parkeerterrein in Vereeniging.
‘n Man wat soos oudpolisiekolonel Prinsloo lyk besig om melk te koop by ‘n kafee in Vereeniging.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Is oudpolisiekolonel nou weer vry?


Related Articles

Back to top button