NewsNews

Vyf sterf in Vaalrivier-tragedie

Vyf mans in hul dertigs het gistermiddag op die Vaalrivier verdrink na hul boot omgeslaan het. Volgens ER24 het nooddienste en polisie net voor 18:00 by die toneel naby Spider Valley opgedaag. Die liggaam van een van die boot se insittendes is reeds gevind en vier word steeds vermis. Polisieduikers gaan vandag glo …

Vyf mans in hul dertigs het gistermiddag op die Vaalrivier by Vereeniging verdrink na hul boot omgeslaan het.

Volgens ER24 het nooddienste en polisie net voor 18:00 by die toneel naby Spider Valley opgedaag. Die liggaam van een van die boot se insittendes is reeds gevind en vier word steeds vermis. Polisieduikers gaan vandag glo hul soektog begin.

Paramedici het hul hande gister vol gehad. Enkele ure voor die tragedie naby Spider Valley is ‘n man en ‘n vrou in hul veertigs ernstig beseer toe ‘n snelboot en ‘n waterponie naby Vaal Marina gebots het.

Die man en vrou is per helikopter hospitaal toe geneem. Na wat verneem word het nog twee insittendes ligte beserings opgedoen. Die bestuurder van die waterponie het glo ongedeerd daarvan afgekom. Hy het glo beheer oor sy waterponie verloor en teen die boot gebots.

Nooddienste op die toneel by Vaal Marina waar ‘n waterponie en motorboot gebots. ‘n Man en vrou in hul veertigs is per helikopter hospitaal toe geneem. Foto: ER 24

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Vyf sterf in Vaalrivier-tragedie

Related Articles

Back to top button