NewsNews

Donateurs maak lewensreddende operasie vir Marlene moontlik

Marlene Taylor, die 23-jarige onderwysstudent wat die afgelope drie maande in intense pyn isweens nierstene, kan hierdie week ‘n operasie in ‘n privaathospitaal ondergaan wat haar nuwe hoop op ‘n pynvrye, normale lewe gaan gee.

Marlene Taylor, die 23-jarige onderwysstudent wat die afgelope drie maande in intense pyn is weens nierstene, kon hierdie week ‘n operasie in ‘n privaathospitaal ondergaan wat haar nuwe hoop op ‘n pynvrye, normale lewe gaan gee.

Die publiek het die afgelope weke reeds’n paar duisend rand vir Marlene se operasie, wat na raming meer as R95 000 gaan kos, geskenk. Danksy ‘n anonieme donateur wat die grootste deel van die operasie se koste gaan dek, kan sy Donderdag die prosedure in die Midvaal Privaat Hospitaal in Drie Riviere ondergaan. “Ons prys die Here en bedank elkeen wat bygedra het.

Dit is ‘n wonderwerk,” sê Marlene se ma, Martie. Marlene het steeds voortdurende pyn en blaasontsteking wat haar lewe die afgelope maande in ‘n lewende hel verander het. Indien die nierstene in so ‘n situasie nie gou verwyder word nie, kan dit tot permanente nierskade lei en selfs ‘n pasiënt se lewe kos. Die gesin het nie die nodige fondse gehad om die operasie by ‘n privaathospitaal te laat doen nie, en staatshospitale doen tans weens die Covid-inperking nie sulke prosedures nie. Volgens Martie het die afgelope drie maande se intense pyn sy tol op Marlene se gemoedstoestand geëis. “Voortdurende pyn veroorsaak trauma en depressie vir enige mens, maar nou is daar hoop.Ons kan die donateurs wat Marlene op Back-a-Buddy, op Marlene’s Hope en op ander maniere ondersteun het, nie genoeg bedank nie. Nogmaals baie dankie uit ons harte uit,” sê Martie.

* Vaalweekblad sal aanstaande week na die operasie terugvoer oor Marlene se toestand gee. Hoewel die koste van die operasie nou gedek is, gaan heelwat geld steeds vir haar nasorg en medikasie benodig word. Enige verdere bydraes sal baie waardeer word. Nadere besonderhede is beskikbaar op die Facebook-groep “Marlene’s Hope”.

Mense wat graag ook skenkings wil maak maar eers mediese dokumentasie wil sien, kan Marlene se ma, Martie, by 060 356 6207 skakel.

Related Articles

Back to top button