NewsNews

Vaaldriehoekstudent se mediese krisis vererger

Marlene Taylor (23), die pragtige finalejaar onderwysstudent van die NWU (Vaal), wat sowat drie maande gelede ernstig siek begin word het weens nierstene, is steeds in intense pyn weens die aftakelende siekte.

Sy moet dringend ‘n operasie ten bedrae van sowat R95 000 ondergaan, maar die gesin het nie die fondse om dit in ‘n privaathospitaal te laat doen nie.
Staatshospitale doen tans weens die Covid-inperking nie sulke prosedures nie – selfs al is dit ‘n uiterste noodgeval, dus kan Marlene tans nêrens hulp kry nie.
Haar naam sal eers in November op ‘n waglys vir ‘n operasie geplaas kan word.
Sy is nou absoluut afhanklik van die publiek se ondersteuning sodat sy ‘n operasie in ‘n privaathospitaal kan ondergaan om haar niere – en haar lewe – te behou. Marlene het tans ondraaglike pyn en voortdurende akute nier- en blaasontsteking wat haar lewe in ‘n nagmerrie verander het. Sy veg teen tyd, want met elke dag wat verbygaan, word haar mediese krisis erger.
* TDJ Computers in Vanderbijlpark het ‘n vorige berig oor Marlene se toestand in Vaalweekblad gelees en het besluit om aktief betrokke te raak om haar te help. Hulle gaan R1 000 skenk en daag alle ander sakeondernemings uit om ook donasies te maak.
Daarby gaan TDJ Computers ook aan ‘n aantal sakeondernemings wat die hoogste bedrae skenk, drie maande se gratis digitale dienste lewer én ‘n gratis professionele video oor hul besighede laat vervaardig.
* Farm ‘n Sea Grillhouse het ook laat weet dat hulle ‘n spesiale insamelingsveldtog vir Marlene gaan loods deur tot 4 Oktober ‘n gedeelte van hul inkomste vir Marlene se beplande operasie te skenk.
Alle sakeondernemings wat by die uitdaging betrokke wil raak, kan TDJ Computers per e-pos by lily@tdjcomputers.com kontak.
Voornemende donateurs wat amptelike bewyse en doktersbriewe oor Marlene se toestand verlang, kan 073 364 8937 skakel vir meer esonderhede.
Die Facebook-groep “Marlene’s Hope” het intussen ‘n skare-befondsingsprojek op BackaBuddy begin in die hoop dat genoeg geld binnekort ingesamel sal kan word om vir haar operasie te betaal. Besoek hierdie skakel as jy na ‘n video oor Marlene wil kyk of ‘n bydrae wil maak: https://www.backabuddy.co.za/champion/project/marlene-taylor

Related Articles

Back to top button