NewsNewsSportSport

Smithathlons weer aan die gang

Die Smithathlons Atletiekklub in Carletonville is na die inperkingstyd, weer volstoom aan die gang.

Volgens die klub se afrigter, Annetjie Smith, het die atlete reeds in Julie begin oefen nadat hulle goedkeuring van hul beheerliggaan, Atletiek Suid-Afrika (ASA) verkry het en is hulle besig om hul kragte as deel van hul winterprogram op te bou. Die atlete oefen elke weeksdag en elke tweede Saterdag op die sportvelde van Carleton Jones High School en is reg om weer aan kompetisies deel te neem. “Gewoonlik eindig ons die winterprogram reeds einde Augustus, maar ek het vanjaar besluit om dit te verleng om die atlete beter voor te berei vir wanneer hul weer sal kan kompeteer,” sê Smith. Volgens haar het die oefening na die inperking die atlete baie laat ontwikkel en is hul stamina nou selfs beter as wat dit dieselfde tyd in vorige jare was. Daar is egter baie spesiale maatreëls waaraan die atlete moet voldoen om die verspreiding van Covid-19 te beperk. Almal moet hul hande ontsmet en mag geen fisiese kontak hê nie. Hulle moet ook die hele tyd maskers dra, selfs al is hulle besig om te hardloop. Die enigste uitsondering word vir langafstandatlete gemaak. Hulle mag nou en dan vir ‘n paar sekondes hul maskers afskuif om ekstra suurstof in te asem. Die feit dat dié atlete gewoonlik ver uitmekaar om die baan hardloop, maak dit hoogs onwaarskynlik dat die siekte tussen hulle op die baan versprei kan word. Volgens die klubkaptein, Rorisang Motsumi, ‘n naelloper, is hy baie jammer dat hy weens die inperking nie aan verdere kompetisies kon deelneem nie. Hy voel egter dat die ekstra veiligheidsmaatreëls waaraan atlete vanjaar moet voldoen, hul heel waarskynlik beter sal laat presteer wanneer hulle weer tydens kompetisies kan meeding.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button