Vragte vol rommel langs rivieroewers opgetel
Vragte vol rommel, wat oor jare langs die oewers van die Vaalrivier gestrooi is, is Dinsdag opgetel en weggery. Die organisasie Proudly Three Rivers het die afgelope paar dae ingespring om die Sam Gross Jetty, Vosloopark en ander gebiede langs die rivier skoon te maak. Die organisasie is deur ’n groep plaaslike sakemanne …
Vragte vol rommel, wat oor jare langs die oewers van die Vaalrivier gestrooi is, is Dinsdag opgetel en weggery.
Die organisasie Proudly Three Rivers het die afgelope paar dae ingespring om die Sam Gross Jetty, Vosloopark en ander gebiede langs die rivier skoon te maak.
Die organisasie is deur ’n groep plaaslike sakemanne op die been gebring om die agteruitgang van Drie Riviere stop.
Volgens Kobus Ferreira van Proudly Three Rivers is dit skrikwekkend om te sien hoe min mense vir die omgewing omgee.
Hy reken sommige van die rommel is jare gelede daar gestrooi en net so gelos aangesien van die bottels wat hulle opgetel het nie meer op die mark beskikbaar is nie.
Dit is alles deel van ‘n poging om gebiede langs die rivier, wat oor die afgelope paar jaar sleg agteruit gegaan het, weer mooi te laat lyk.
Die Emfuleni Plaaslike Munsipaliteit het onlangs ‘n poging aangewend om van die onwettige plakkers uit Vosloo Park te verwyder, maar dit blyk of heelwat van die plakkers binne ‘n paar dae teruggetrek het.
*Volgens die nie-winsgewende drukgroep Ocean Conservancy, beland daar jaarliks 8 miljoen ton plastiek in die see waar dit ‘n bedreiging vir seelewe inhou.