NewsNews

Poging tot ontvoering in Florida was nie mensehandel nie – SAPD

Die polisie het Dinsdag in ‘n mediaverklaring gesê die Nasionale Kommissaris, Genl. Khehla John Sithole beskou mensehandel in ‘n baie ernstige lig.

Polisie woordvoerder, Brig. Vishnu Naidoo het gesê die voorval op 10 September 2020 waar ‘n 4-jarige meisie amper deur ‘n man gegryp is terwyl sy aan tafel langs haar ma by ‘n pizza plek in Florida, Johannesburg gesit het, het die realiteit van hierdie klas van misdaad weer bevestig.

“Alhoewel hierdie nie ‘n saak van menslike handel was nie, is die verdagte aangekla van aanrading met die doel om ernstig te beseer en het die voorval almal herinner om uiters waaksaam te wees ten einde te verseker dat mense veilig is en voel”, het hy gesê.

Naidoo het verder gesê dat al kom mensehandel nie so baie in Suid-Afrika voor as in ander lande nie, moet ons steeds ‘n kollektiewe benadering volg om seker te maak dat geen mens ‘n slagoffer van hierdie misdaad word nie. “In die verlede was daar al sporadiese gevalle waar jong mense, veral vroue, van hul huise gelok is met beloftes van goeie werk vooruitsigte, net om dan vir seks verhandel te word.”

Naidoo het gesê dat die polisie in samewerking met ander staatsdepartemente planne in plek het om daadwerklik op te tree wanneer ontvoerings of vermiste persone aangemeld word. Hy het benadruk dat enige vermiste persoon, maak nie saak of die persoon weens ‘n misdaad weggeraak het of van die huis af weggeloop het nie, dadelik by die polisie aangemeld moet word. “Daar is geen wag periode nie.”

Daar is verskeie spesialiseenhede wat hierdie sake ondersoek. Die polisie het weer eens ‘n beroep op die publiek gedoen om enige inligting wat hulle sou hê rondom hierdie klas van misdade met die polisie te deel deur 086 00 10111 te skakel. Inligting kan ook deur die MySAPSApp gekommunikeer word, wat op enige Android of iPhone afgelaai kan word. Alle inligting sal as vertroulik hanteer word en kan anoniem gestuur word.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Poging tot ontvoering in Florida was nie mensehandel nie – SAPD

Related Articles

Back to top button