NewsNews

Eetplek ontken onwettige storting

'n Eetplek op die Bult wat by die gesondheidsdepartement verkla is nadat hulle glo weer op ‘n onwettige wyse afvalprodukte gestort het ontken alle beskuldigings teen hulle.

‘n Eetplek op die Bult wat by die gesondheidsdepartement verkla is nadat hulle glo weer op ‘n onwettige wyse afvalprodukte gestort het ontken alle beskuldigings teen hulle.

Fat Cake City Potchefstroom het deur middel van hulle prokureurs aan die Herald gesê dat die video waarin dit blyk dat twee mans afvalprodukte in ‘n stormwaterdrein stort, nie werknemers van die eetplek kan wees nie.

“Behalwe vir die eienaars/bestuur is alle werknemers vroue. In die video is dit duidelik mans wat die beweerde onwettige daad pleeg,” het die prokureurs aan die Herald gesê.

Fat Cake City Potchefstroom ontken ook dat hulle al voorheen deur die CID of enige ander party genader is oor onwettige storting. Volgens hulle het hulle klënt nog nooit enige onwettige storting gepleeg nie.

Hulle voer ook aan dat niemand met hulle kliënt in verbinding getree het oor die beweerde storting nie.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

https://potchefstroomherald.co.za/78009/eetplek-ontken-onwettige-storting/

 

Related Articles

Back to top button