EntertainmentNewsNews

Dié ‘Cowboys’ bring ‘n spesiale boodskap

Cowboys4God (Boere vir God) is 'n nuwe supergroep van Suid-Afrika wat bestaan uit van die beste liedjieskrywers en musikante wat SA kan bied

Cowboys4God (Boere vir God) is ‘n nuwe supergroep van Suid-Afrika wat bestaan uit van die beste liedjieskrywers en musikante wat SA kan bied en trek alreeds groot aandag internasionaal. Deur hul talente bymekaar te voeg bied hulle ‘n nuwe draai aan hul liefde vir “Old School Southern Gospel Music” met ‘n Suid-Afrikaanse geur met banjo en konsertina. Dit is ‘n span wat deur musiek die Woord van God in hul gemeenskappe wil versprei. Met behulp van motiverende en inspirerende sprekers soos Alta Strauss en Rene du Preez, is hierdie span hier om ‘n voorbeeld te wees vir ander rondom hulle. Om ‘n Cowboy4God (Boer vir God) te wees, beteken eenvoudig ‘Man up’ vir God, wees ‘n harde voorbeeld en leier vir diegene rondom jou – ‘n soldaat vir Sy leër!

Op hulle debuut kortspeler album kan hulle unieke weergawes van “Go Rest High on that Mountain”, “Sweet by and by”, “Because He Lives” en hulle eerste enkelsnit van Alan Jackson ‘I want to stroll over heaven with you” gehoor word. Die album sal op alle digitale platforms beskikbaar wees. Hierdie trots Suid Afrikaanse groep is definitief hier om groot opslae te maak. Die groep beplan ook Afrikaanse opnames van ou koortjies in die nabye toekoms.

Music Video’s

 1. Because He Lives

https://youtu.be/nPSr88kSyRM

 

2. Go Rest High on That Mountain

https://youtu.be/5lwyc4ForP0

 

3. I want to stroll over Heaven with you

https://youtu.be/56KrPUi-Qmc

 

Artist’s / Kunstenaars

  • Alanda de Bruin (lead vocals)
  • Lia Black (lead vocals)
  • Regardt  de Bruin (lead guitar, banjo, konsertina)
  • Jazz van Rensburg (bass)
  • Theuns Botha (drums, percussion)
  • Charlie Smidt (vocals, acoustic rhythm)

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Dié ‘Cowboys’ bring ‘n spesiale boodskap

Related Articles

Back to top button