NewsNews

VIDEO: Eetplek by gesondheids-departement verkla

’n Eetplek op die Bult in Potchefstroom is onlangs by die plaaslike gesondheidsdepartement verkla nadat hulle weer op ‘n onwettige wyse afvalprodukte gestort het.

’n Eetplek op die Bult is onlangs by die plaaslike gesondheidsdepartement verkla nadat hulle weer op ‘n onwettige wyse afvalprodukte gestort het.

Volgens Kiewiet van Zyl, hoof operasionele beampte van die Cachet Park City Improvement District (CID) is werknemers van Fat Cake City op die Bult vir ’n tweede keer betrap waar hulle afval in die stormwaterdrein stort. “Die nodige beeldmateriaal is as bewyse saam met die klag by die gesondheidsdepartement ingehandig,” het Van Zyl gesê. Volgens van Zyl is daar by ’n vorige geleentheid ook met die eienaar van die eetplek in gesprek getree, waarna die storting gestaak is. Die Herald het verlede week reeds oor die onwettige storting op die Bult berig. Prof. Fika Janse van Rensburg, hoofuitvoerende beampte van die CID, het verseker dat instansies wat hierdie tipe oortreding herhaal, by die departement aangekla sal word. Volgens Van Zyl het die CID volle vertroue in die departement se vermoëns om die aangeleentheid te hanteer. “Die kamera-moniteerders sal steeds op die uitkyk wees vir die optrede en as dit weer gebeur, sal dit dadelik gerapporteer word,” het Van Zyl gesê. Daar word beweer dat vuil olie en afvalkos in die drein gestort word, wat dan weer in die Mooirivier beland. Volgens Van Zyl het die CID met ’n varkboer gereël om dromme in die area neer te sit wat restaurante teen geen koste kan gebruik om van hulle afvalkos ontslae te raak. “Die fasiliteite is daar, maar nou word dit nie gebruik nie. Daar is ook maatskappye in die stad wat vuil olie sal aankoop. Daarom maak dit nie sin dat die storting steeds gebeur nie,” het hy gesê. Prof. Janse van Rensburg het gesê in die verlede is gebruikte olie sommer in Cachetpark op die gras uitgegooi. Twee weke gelede het ‘n werker hom genader wat vir hom gewys het dat vet in ‘n stormwaterdrein in Steve Biko uitgegooi is. * Fat Cake City is deel van ’n nasionale kettingwinkelgroep. Die hoofkantoor van dié groep het teen druktyd nie op die Herald se navraag om kommentaar gereageer nie.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

https://potchefstroomherald.co.za/77928/video-eetplek-by-gesondheids-departement-verkla/

Related Articles

Back to top button