CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Hoërskool Wonderfontein swik nie voor Covid-19

Leerlinge en personeel by Hoërskool Wonderfontein laat hulle nie deur die probleme van die Covid-19 pandemie onderkry nie.

Skole se kontaktyd is met maande gesny. Hoe maak skole die aanpassings? Watter prosesse is in plek en wat is die impak op ons kinders? Dit is maar van die vrae wat ouers en die gemeenskap oor die probleem het.
Skole het 11 weke se skool ‘verloor’ sedert die nasionale grendeltydperk in Maart begin het. Nou moet skole dit na die beste van hulle vermoë probeer inhaal.
Volgens mnr. Danie Beeslaar, adjunkhoof van Hoërskool Wonderfontein, moet ons ook in ag neem dat ons gewone vakansies weggeval het. So het ons ook ‘n hele klompie publieke vakansiedae gemis en dit sou agt weke gewees het.
“Met die Junie eksamen wat nie meer gebeur nie, beteken dit ons het eintlik nie regtig veel tyd met matrieks verloor nie.”
Beeslaar noem ook dat Hoërskool Wonderfontein tot aan die einde van Augustus ook net meer as 50 ure se ekstra kontaktyd gewen het deur later klas te gee as die gewone skooltyd. Mnr Chris van Wyk, skoolhoof van die skool is dankbaar vir sy personeel se ekstra tyd en hulle bereidwilligheid om harder te werk en meer tyd op te offer.
“Ons is regtig dankbaar vir ons onderwysers, terreinpersoneel en administratiewe personeel wat sonder enige klagtes die ekstra ure saam met ons doen en weet dat die werk vir ons kinders is. Ons is ook dankbaar vir die gemeenskap, soos die SAVF vir hulle bemoediging in die tyd. Net so ook vir ons kinders wat ‘n baie hoë persentasie bywoning lewer,” sê hy. Dit is ook nie al waarmee die skool homself besig hou nie. As jy op Saterdae daar sou verby ry, is daar voertuie by die skool en ‘n ekstra klas met die matrieks.
Dié tyd op Saterdae tel nie by die ekstra 50 ure se kontaktyd wat met Wonderfontein se leerders gedoen word nie.
Daar is egter uitdagings soos die feit dat slegs 50% van die skool se leerders op een slag by die skool mag wees en daar verskeie prosesse gevolg moet word om die verspreiding van Covid-19 te keer. Hoërskool Wonderfontein is een van die skole wat toestemming gekry het om vroeër te kon oopmaak vir Gr. 8 tot 11.
Volgens Beeslaar het die ouers en leerders dít waardeer.
“Wonderfontein het nie gaan stilstaan en toegelaat dat Covid-19 hulle onderkry nie. Innoverende planne en idees kom vorendag uit ‘n skool wat vooruitstrewend is in die gemeenskap,” voeg hy by.

Related Articles

Back to top button