NewsNews

Drie tydens gewapende roof aangehou

Drie mense is omstreeks 12:00 vanmiddag (8 September) in Leliestraat in Potchefstroom aangehou.

Drie mense is omstreeks 12:00 vanmiddag (8 September) in Leliestraat in Potchefstroom aangehou.

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het vier gewapende rowers die huis betree. Drie mense, waaronder die inwoner, huishulp en tuinwerker, is op die vloer gedwing waarna die verdagtes waardevolle items geëis het.

“Die verdagtes het sover bekend juwele gesteel en het in ‘n silwer voertuig gevlug. Niemand is beseer in die voorval nie,” het Haefele gesê.

Die polisie is gekontak om die saak verder te ondersoek.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

https://potchefstroomherald.co.za/77830/drie-tydens-gewapende-roof-in-grimbeekpark-aangehou/

Related Articles

Back to top button