NewsNews

Dinsdag 1 September: Vyf nuwe gevalle van coronavirus in Merafong

Die getal inwoners wat positief vir die nuwe coronavirus getoets het, styg steeds.

Volgens statistieke wat vroeër vanmiddag deur die Gauteng department van gesondheid vrygestel is, is daar nou 8 280 gevalle van die nuwe coronavirus in Merafong. Dit is vyf gevalle meer as gister. Altesaam 2 431 van dié mense het al van die siekte herstel.

Intussen is daar nou al meer as 7 000 mense in Mogale City (die Krugersdorp-omgewing). Altesaam 7 011 mense in dié munisipale gebied het teen vandag positief vir die siekte getoets. Van dié getal het 5 645 mense reeds van hul infeksie herstel.

Daar is ook 3 529 mense in die Rand West City munisipale gebied (die Randfontein en Westonaria-omgewing) wat positief vir die siekte getoets het.

Altesaam 252 mense in die Wesrand is al aan Covid-19 oorlede.

Related Articles

Back to top button