NewsNews

Meer as 11 000 Wesrand-inwoners het al van coronavirus infeksie herstel

Die getalle is steeds aan die styg.

Volgens die Gauteng departement van gesondheid het altesaam 11 022 inwoners van die Wesrand al van infeksie met die nuwe coronavirus herstel. Altesaam 13 420 inwoners is al met die siekte besmet.

Van hulle is altesaam 250 aan die siekte dood.

Tot dusver is daar 2 815 gevalle van mense wat met die nuwe coronavirus besmet is in Merafong. Daar is ook 6 994 in Mogale City, 3519 in Rand West en 92 wat nie van ‘n spesifieke munisipale gebied kom nie.

Related Articles

Back to top button