NewsNews

Ouma hekel vir knie-operasie

Filanda Jansen van Rensburg het onlangs 'n skrywe aan die Herald se susterskoerant, Vaalweekblad, gerig oor haar ouma wat 'n knie-operasie moet ondergaan en geld daarvoor insamel.

Filanda skryf:
My ouma moet baie dringend vir ‘n knie-operasie gaan. Ouma het nie ‘n mediese fonds nie. Die staat kan haar ook nie nou help nie, omdat hulle agter is met operasies en ook omdat hulle dit nie as nood beskou nie, maar my ouma kan skaars loop.
Ons het gedink om vir haar ‘n mediese fonds te kry, maar omdat ouma reeds in haar 70’s is en baie lank gelede ‘n mediese fonds gehad het, is haar maandelikse bedrag astronomies vir iemand wat net ‘n staatspensioen ontvang.
Ons het toe gedink om vir haar ‘n fondsinsameling te doen. Sy hekel hierdie mooi doilies -️ iets wat jy nie meer regtig vandag kry nie.

Die prys per doilie is tussen R30 en R50. As julle graag ‘n bestelling wil plaas, kan julle my by 072 450 9270 of vir tannie Petra by 084 695 8954 kontak.

Hier is nog  ‘n voorbeelde van haar werk. Alle fondse wat ingesamel word, gaan direk vir die operasie en herstel na die operasie.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Ouma hekel vir knie-operasie

Related Articles

Back to top button