Volgens statistieke wat vroeër vanmiddag deur die Gauteng department van gesondheid vrygestel is, is daar nou 13 001 inwoners wat met die nuwe coronavirus besmet is.
Van húlle is 2 756 in Merafong, 6 768 in Mogale City en 3 386 in Rand West.
Altesaam 2 756 van die gevalle in die Merafong City munisipale gebied het reeds van die siekte herstel.
Tot dusver het 233 pasiënte in die Wesrand al aan Covid-19 gesterf.