Volgens die Gauteng departmement van gesondheid is daar nou 2 739 inwoners wat positief vir die siekte getoets het. Dit is 16 gevalle meer as gister.
Altesaam 2 320 inwoners het reeds van die siekte herstel.
Intussen is daar nou 6 705 gevalle in Mogale City, waarvan 5 301 reeds herstel het asook 3 347 gevalle in Rand West, waarvan 2 798 reeds herstel het.
Altesaam 227 pasiënte in die Wesrand is reeds aan Covid-19 dood.