NewsNews

Vaal se ystervrou toets positief vir Covid-19

As daar fout in die Vaal is, is die Vaal se ystervrou daar om hulp te verleen en te help waar sy kan. Dit is hoe inwoners Raadslid Gerda Senekal van die VF Plus ken. En nou is dié ystervrou plat in die bed met Covid-19.

“Niks kan jou voorberei vir die pyn nie … dis onbeskryflik. Wat begin het as ‘n verkoue het my binne 48 uur plat in die bed gehad,” het Gerda in ‘n eksklusiewe onderhoud met die Heral;d se susterskoerant, Vaalweekblad, vertel.
Sy het sowat ‘n week gelede bietjie verkouerig begin voel, maar niks daarvan gedink nie. Sy was daardie Maandag skaars by die kantoor of sy kry die boodskap van die Speaker van Emfuleni dat sy moet ingaan vir toetsing. Dit het aan die lig gekom dat ‘n raadslid reeds siek was tydens die vorige week se raadsvergadering. Dié betrokke raadslid het voor Gerda in die vergadering gesit.
“Ek het nadat ek ingegaan het vir die toetsing, onmiddelik huistoe gegaan en begin met self isolasie. Daardie aand het ek erge spierpyn en hoofpyn begin ervaar. Dinsdag was ek plat in die bed,” vertel Gerda.
Sy het die afgelope naweek die amptelike uitslag gekry dat sy positief getoet het.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Vaal se ystervrou toets positief vir Covid-19

Related Articles

Back to top button