NewsNews

10 Julie: Covid-19 getalle styg verder

Behalwe vir die koue wat aan die kom is, is die stygende getal inwoners wat positief vir die nuwe coronavirus getoets het, nóg ‘n rede om dié naweek in die huis te bly.

Volgens die nuutste syfers van die Gautengse department van gesondheid  is hier nou 1 186 mense (styg van 1 097 gister) wat positief vir die virus getoets het in die Merafong City munisipale gebied. Altesaam 535 (styg van 414 gister) van hulle het reeds herstel.

Elders in die Wesrand is daar nou 2 825 mense (styg van 2 568 gister) wat positief getoets het in Mogale City. Altesaam 572 van hulle het herstel (styg van 344 gister). Daar is ook 1 161 (styg van 1 068 gister) in Rand West, waarvan 305 (styg van 213 gister) herstel het).

Daar is ook 94 mense in die Wesrand wat positief getoets het wat nie van ‘n spesifieke munisipale gebied kom nie.

Altesaam 52 pasiënte (styg van 46 gister) in die Wesrand is al aan Covid-19 dood.

 

Related Articles

Back to top button