NewsNews

15 Junie: 17 nuwe Covid-19 gevalle in Merafong

Volgens die Departement van Gesondheid is daar weer ‘n styging in die getal inwoners van die Merafong City Plaaslike gebied wat positief vir Covid-19 getoets het.

Die department sê altesaam 321 mense in Merafong is nou met die siekte besmet. Intussen is daar twee nuwe pasiënte wat van die siekte herstel het. Dit laat die getal herstelde mense op 199 te staan kom.

Intussen is daar nou altesaam 852 gevalle in die Wes-Rand. Altesaam 288 inwoners het reeds van die siekte herstel. Die ander gevalle in die area is Mogale City: 299 (op van gister se 277), waarvan 69 (op van gister se 50) herstel het en Rand West: 148 (op van gister se 134), waarvan 20 (op van gister se 16) herstel het.
Daar is ook 84 gevalle in die Wes-Rand wat nie uit ‘n spesifieke area kom nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button