NewsNews

VIDEO: Paws kla man van dieremishandeling aan

“Hy het genoem dat hy sy buurvrou met die beseerde duif wou help.”

PAWS (Potchefstroom Animal Welfare Society) het gister (Donderdag, 21 Mei)  ‘n Potchefstroomse man  van dieremishandeling by die polisie aangekla.

Dit nadat Paws  in besit van die beeldmateriaal gekom het wat wys hoe ‘n wit bakkie in Bailliepark stop. ‘n Man klim uit en laat ‘n dier los waarna hy dit in die veld injaag. Die dier is na bewering ‘n beseerde bosduif. Op die video blyk dit dat die man na die duif toe skop. Die video is op sosiale media gedeel om die man te probeer identifiseer.

“Die man het ons gebel en vertel dat dit hy op die video is en dat hy graag die saak wou uitklaar. Hy het genoem dat hy, sy buurvrou met die beseerde duif wou help. Hy noem ook dat hy nie die voël geskop het nie, maar eerder net in die veld wou kry sodat dit kan rehabiliteer. Hy beweer dat hy nie geweet het dat hy ons by Paws kan bel om die beseerde voël te hanteer nie,” vertel Herman Van der Sluis, bestuurder van Paws.

Die Herald het die man wat aangekla was om komentaar genader, maar hy het besluit om nie kommentaar te lewer tot die ondersoek afgehandel is nie.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

https://potchefstroomherald.co.za/73078/video-paws-kla-man-van-dieremishandeling-aan/

Related Articles

Back to top button