NewsNews

Ja vir alle aanlyn kleinhandel, maar steeds ‘n nee vir drank en sigarette

Alle aanlyn kleinhandel toegelaat maar sigarette en drank sal jy steeds nie kan koop nie.

Nuwe riglyne wat gister, Donderdag 14 Mei aangekondig is, bepaal nou dat alle aanlyn kleinhandel toegelaat word terwyl die land nog in vlak 4 van inperking is, MAAR dit is steeds ‘n nee vir sigarette en drank, waarvan die verkoop van hierdie produkte nie onder vlak 4 regulasies toegelaat word nie.

Selfs tydens Woensdagaand 13 Mei se toespraak van president Cyril Ramaphosa was daar ook steeds geen duidelikheid oor wat vlak 3 inperkingsregulasies vir die verkope van drank en sigarette sal inhou nie. Die verwagting is dat groot dele van die land teen einde Mei na vlak 3 inperking sal beweeg.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

https://parysgazette.co.za/37598/ja-vir-alle-aanlyn-kleinhandel-maar-steeds-n-nee-vir-drank-en-sigarette/

Related Articles

Back to top button