NewsNews

15 Mei: SA Covid-19 gevalle staan op 12 739 en 19 nuwe sterftes

Volgens die nuwe SA Covid-19 gevalle wat gisteraand deur WHO (World Health Organization) bekend gemaak is, is daar nou 12 739 gevalle nadat daar nog 665 nuwe gevalle bygekom het (die vorige amptelike aantal was 12 074).

Daar is ook 19 nuwe sterfgevalle wat Covid-verband is wat die sterftesyfer op 238 te staan bring. Hierdie getalle het nog nie weer sedert gisteraand verander nie. Hierdie groot-totaal sluit in die hoeveelheid amptelike gevalle wat geregistreer is, met ander woorde dit sluit in mense wat herstel het, asook die wat gesterf het. Daar het reeds 5 676 pasiënte herstel. Daar is nog 6 825 aktiewe gevalle waarvan 119 kritiek is. Tot dusver is daar reeds 403 018 toetse regoor die land gedoen.

Volgens die nuuste beskikbare syfers rakende Covid-19 gevalle in die Wes-Rand, is daar tot dusver 64 positief-getoetste gevalle geregistreer. In Mogale City is daar 40, in Rand West 14 en in Merafong is daar 5. Daar is ook 5 gevalle waarvan die munisipale area nie aangedui is nie.

COVID-19 GEVALLE IN PROVINSIES:

Wes-Kaap – 7 235 (129 sterftes) en (2 573 wat herstel het)

Gauteng – 2 135 (24 sterftes) en (1 547 wat herstel het)

Oos-Kaap – 1 569 (31 sterftes) en (643 wat herstel het)

KwaZulu Natal – 1 444 (44 sterftes) en (689 wat herstel het)

Vrystaat – 145 (6 sterftes) en (108 wat herstel het)

Mpumalanga – 67 (0 sterftes) en (34 het herstel)

Limpopo – 55 (3 sterftes) en (35 wat herstel het)

Noordwes – 52 (1 sterftes) en (28 het herstel)

Noord-Kaap – 31 (0 sterftes) en (19 het herstel)

 

Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle is nou 4 527 811 (gister was dit 4 430 123). Tot dusver het die virus reeds 303 438 lewens geëis (gister was dit 298 180) en 1 706 174 het herstel (gister was die aantal 1 659 873). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Daar is 113 lande wat gebuk gaan onder die virus.

Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)

  • Die VSA het die meeste lyers – 1 457 593 (vorige aantal 1 430 348) en 86 912 sterftes (vorige aantal was 85 197).
  • Spanje – 271 095 gevalle (vorige aantal was 269 520) en 27 104 sterftes.
  • Rusland  – 252 245 (vorige aantal 242 271) en 2 305 sterftes.
  • Die Verenigde Koninkryk – 233 151 gevalle (vorige aantal 229 705) en het die tweede hoogste sterftesyfer van 33 614.
  • Italië – 223 096 gevalle (vorige aantal 222 104) en die derde hoogste sterftesyfer van 31 368.
  • Brazil – 203 165 gevalle (vorige aantal 190 137) en 13 999 sterftes.
  • Frankryk – 178 870 gevalle (vorige aantal 178 060) en 27 425 sterftes.
  • Duitsland – 174 974 gevalle (vorige aantal 174 098) en 7 928 sterftes.
  • Turkye – 144 749 gevalle (vorige aantal 143 114) en 4 007 sterftes.
  • Iran – 114 533 gevalle (vorige aantal 112 725) en 6 854 sterftes.
  • China – 82 933 gevalle (vorige aantal 82 929) en wat 4 633 sterftes. Daar is nog net 91 aktiewe gevalle in die land.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

15 Mei: SA Covid-19 gevalle staan op 12 739 en 19 nuwe sterftes

Related Articles

Back to top button