NewsNews

14 Mei: SA het 12 074 Covid-19 gevalle

Volgens die nuwe SA se Covid-19 gevalle wat gisteraand deur WHO (World Health Organization) bekend gemaak is, is daar nou 12 074 gevalle nadat daar nog 724 nuwe gevalle bygekom het (die vorige amptelike aantal was 11 350). Daar is ook 13 nuwe sterfgevalle wat Covid-verband is wat die sterftesyfer op 219 te staan bring. Hierdie getalle het nog nie weer sedert gisteraand verander nie. Hierdie groot-totaal sluit in die hoeveelheid amptelike gevalle wat geregistreer is, met ander woorde dit sluit in mense wat herstel het, asook die wat gesterf het. Daar het reeds 4 745 pasiënte herstel. Daar is nog 7 110 aktiewe gevalle waarvan 119 kritiek is. Tot dusver is daar reeds 386 352 toetse regoor die land gedoen.

Volgens die nuuste beskikbare syfers rakende Covid-19 gevalle in Die Wes-Rand, is daar tot dusver 64 positief-getoetste gevalle geregistreer. In Mogale City is daar 40, in Rand West 14 en in Merafong is daar 5. Daar word ongelukkig nie bekend gemaak uit watter dorpe die pasiënte is nie.

COVID-19 GEVALLE IN PROVINSIES:

Wes-Kaap – 6 713 (117 sterftes) en (1 950 wat herstel het)

Gauteng – 2 074 (22 sterftes) en (1 343 wat herstel het)

Oos-Kaap – 1 534 (24 sterftes) en (632 wat herstel het)

KwaZulu Natal – 1 413 (44 sterftes) en (618 wat herstel het)

Vrystaat – 138 (6 sterftes) en (107 wat herstel het)

Mpumalanga – 66 (0 sterftes) en (24 het herstel)

Limpopo – 54 (3 sterftes) en (30 wat herstel het)

Noordwes – 52 (1 sterftes) en (24 het herstel)

Noord-Kaap – 30 (0 sterftes) en (17 het herstel)

 

Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle is nou 4 430 123 (gister was dit 4 342 848). Tot dusver het die virus reeds 298 180 lewens geëis (gister was dit 292 899) en 1 659 873 het herstel (gister was die aantal 1 602 71). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Daar is 113 lande wat gebuk gaan onder die virus.

Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)

  • Die VSA het die meeste lyers – 1 430 348 (vorige aantal 1 408 636) en 85 197 sterftes (vorige aantal was 83 425).
  • Spanje – 271 095 gevalle (vorige aantal was 269 520) en 27 104 sterftes.
  • Rusland  – 242 271 (vorige aantal 232 243) en 2 212 sterftes.
  • Die Verenigde Koninkryk – 229 705 gevalle (vorige aantal 226 463) en het die tweede hoogste sterftesyfer van 33 186.
  • Italië – 222 104 gevalle (vorige aantal 221 216) en die derde hoogste sterftesyfer van 31 106.
  • Brazil het verby Frankryk geskuif – 190 137 gevalle (vorige aantal 178 214) en 13 240 sterftes.
  • Frankryk – 178 060 gevalle (vorige aantal 176 970) en 27 074 sterftes.
  • Duitsland – 174 098 gevalle (vorige aantal 173 171) en 7 861 sterftes.
  • Turkye – 143 114 gevalle (vorige aantal 141 475) en 3 952 sterftes.
  • Iran – 112 725 gevalle (vorige aantal 110 767) en 6 783 sterftes.
  • China – 82 929 gevalle (vorige aantal 82 926) en wat 4 633 sterftes. Daar is nog net 101 aktiewe gevalle in die land.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

14 Mei: SA het 12 074 Covid-19 gevalle

 

Related Articles

Back to top button