NewsNews

Meeste nuwe SA Covid-19 gevalle (698) nog op een slag

Volgens die nuwe SA se Covid-19 gevalle wat gister deur die WHO (World Health Organization) bekend gemaak is, is daar nou 11 350 gevalle nadat daar nog 698 nuwe gevalle bygekom het (die vorige amptelike aantal was 10 652).

Daar was geen nuwe sterfgevalle nie wat beteken die sterftesyfer is steeds 206. Hierdie getalle het nog nie weer sedert gisteraand verander nie. Hierdie groot-totaal sluit in die hoeveelheid amptelike gevalle wat geregistreer is, met ander woorde dit sluit in mense wat herstel het, asook die wat gesterf het. Daar het reeds 4 357 pasiënte herstel. Daar is nog 6 787 aktiewe gevalle waarvan 77 kritiek is. Tot dusver is daar reeds 369 697 toetse regoor die land gedoen.

COVID-19 GEVALLE IN PROVINSIES:

Wes-Kaap – 6 105 (106 sterftes) en (1 607 wat herstel het)

Gauteng – 2 014 (22 sterftes) en (1 247 wat herstel het)

Oos-Kaap – 1 504 (24 sterftes) en (519 wat herstel het)

KwaZulu Natal – 1 394 (44 sterftes) en (606 wat herstel het)

Vrystaat – 135 (6 sterftes) en (105 wat herstel het)

Mpumalanga – 63 (0 sterftes) en (22 het herstel)

Limpopo – 54 (3 sterftes) en (28 wat herstel het)

Noordwes – 51 (1 sterftes) en (23 het herstel)

Noord-Kaap – 30 (0 sterftes) en (16 het herstel)

 

Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle is nou 4 342 848 (gister was dit 4 256 090). Tot dusver het die virus reeds 292 899 lewens geëis (gister was dit 287 336) en 1 602 713 het herstel (gister was die aantal 1 527 583). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Daar is 112 lande wat gebuk gaan onder die virus.

Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)

  • Die VSA het die meeste lyers – 1 408 636 (vorige aantal 1 385 834) en 83 425 sterftes (vorige aantal was 81 795).
  • Spanje – 269 520 gevalle (vorige aantal was 268 143) en 26 920 sterftes.
  • Rusland het nog hoër opgeskuif – 232 243 (vorige aantal 221 344) en 2 116 sterftes.
  • Die Verenigde Koninkryk – 226 463 gevalle (vorige aantal 223 060) en het die tweede hoogste sterftesyfer van 32 692.
  • Italië – 221 216 gevalle (vorige aantal 219 814) en die derde hoogste sterftesyfer van 30 911.
  •  Frankryk – 178 225 gevalle (vorige aantal 176 970) en 26 991 sterftes.
  • Brazil het verby Duitsland geskuif – 178 214 gevalle (vorige aantal 169 594) en 12 461 sterftes.
  • Duitsland – 173 171 gevalle (vorige aantal 172 576) en 7 738 sterftes.
  • Turkye – 141 475 gevalle (vorige aantal 139 771) en 3 894 sterftes.
  • Iran – 110 767 gevalle (vorige aantal 109 286) en 6 733 sterftes.
  • China – 82 926 gevalle (vorige aantal 82 919) en wat 4 633 sterftes. Daar is nog net 104 aktiewe gevalle in die land.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

Meeste nuwe SA Covid-19 gevalle (698) nog op een slag

Related Articles

Back to top button