NewsNews

Op 85 maak sy ‘n verskil

84 Truie vir kinders in nood

Ten spyte van die krisis waarin die land  hom bevind met die ekonomie en uitdagings van Covid-19, is daar ook stories van hoop. Stories wat inspireer.

Soos dié van die 85-jarige tannie Alta Dias van Bronkhorstspruit.

Vir die derde agtereenvolgende jaar het sy kindertruie vir die Helpende Hand organisasie geskenk.

Vanjaar het sy 84 truitjies gegee.

Sy noem dit winterlekkerte, want sê sy, dit is nie werk nie, sy doen dit omdat sy wil.

Elke maand hou sy van haar pensioengeld eenkant waarmee sy die wol koop. En nie sommer enige wol nie – Elle Gold!

Sy het net een vereiste – die truitjies is nie te koop nie. Dit moet gaan vir kinders wat dit nodig het.

En vandeesweek het die Vroue Landbou Unie en Helpende Hand saamgewerk om vir tannie Alta R1 000 se wol te gee sodat sy kan voortgaan met hierdie liefdesdaad wat sy vir kinders in nood op haar manier doen.

Fasie Smit oorhandig die wol namens die VLU en Helpende Hand aan tannie Alta Dias.

‘n Voorbeeld van hoe selfs die kleinste daad van omgee, ‘n groot verskil kan maak.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

https://parysgazette.co.za/37458/op-85-maak-sy-n-verskil/?fbclid=IwAR3JYgmlr4IJcHEjHdL3f05dX_5UUbU0UoapWZQiv834yD6VGjxOEJA-Ckw

Related Articles

Back to top button