CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Worry, kla en baklei help nie…

Dis moeilike tye. Almal is gestres. Almal probeer plan maak om kop bo water te hou.

Lees mens bakkiesblad kommentaar wil dit lyk die produktiefste beroep op die oomblik is die sleutelbord krygers wat regstaan om alles en almal af te skiet, sleg te sê, te kritiseer en so meer. Is ook maar ‘n manier van stresontlading, nie die beste of gesondste manier nie, maar nou ja…
Miskien kan almal so bietjie ‘n skietstilstand verklaar, en al die sosiale media argumente vir ‘n rukkie opsy skuif. Hoekom? Wel, dis Vrydag. In die Vaaldriehoek is die lug helder, helder blou. Die voëls sing, hulle hoes nie meer nie en die bome is nou volwaardig vir die Herfsbal geklee…
Van die kwekerye is ook weer oop, wat goeie nuus is vir al die tuinliefhebbers. Hulle sê mos om met jou hande in die grond te woel en plantjies te plant, is goeie terapie om stygende stresvlakke in toom te hou. As niks anders vir jou werk nie, probeer ten minste ontspan terwyl jy na hierdie video kyk van die 4-jarige Rylan Clark van die VSA terwyl hy vir jou Bob Marley se “Three Little Birds” sing. “Don’t worry, everything’s gonna be allright…”
Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:
https://vaalweekblad.com/61885/worry-kla-en-baklei-help-nie/

Related Articles

Back to top button