NewsNews

8 Mei: SA Covid-19 gevalle nou 8 232

SA se Covid-19 gevalle is nou 8 232 nadat daar gister 424 gevalle bygekom het (die vorige amptelike aantal was 7 808). Daar is ook 8 nuwe sterfgevalle wat die sterftesyfer op 161 te staan bring.

Hierdie getalle het nog nie weer sedert gisteraand verander nie. Hierdie groot-totaal sluit in die hoeveelheid amptelike gevalle wat geregistreer is, met ander woorde dit sluit in mense wat herstel het, asook die wat gesterf het. Daar het reeds 3 153 pasiënte herstel. Daar is nog 4 918 aktiewe gevalle waarvan 36 kritiek is. Tot dusver is daar reeds 292 153 toetse regoor die land gedoen.

Volgens die nuuste beskikbare syfers rakende Covid-19 gevalle is daar 54 gevalle in die Wes-Rand. In Mogale City is daar 37, in Rand West 12 en in Merafong is daar 3. Die opdatering van nog gevalle, indien daar is, sal later vanmiddag bygevoeg word.

COVID-19 GEVALLE IN PROVINSIES:

Wes-Kaap – 3 994 (79 sterftes) en (1 122 wat herstel het)

Gauteng – 1 804 (15 sterftes) en (1 036 wat herstel het)

KwaZulu Natal – 1 204 (40 sterftes) en (420 wat herstel het)

Oos-Kaap – 929 (18 sterftes) en (388 wat herstel het)

Vrystaat – 134 (6 sterftes) en (102 wat herstel het)

Mpumalanga – 59 (0 sterftes) en (22 het herstel)

Limpopo – 41 (3 sterftes) en (27 wat herstel het)

Noordwes – 40 (0 sterftes) en (20 het herstel)

Noord-Kaap – 27 (0 sterftes) en (16 het herstel)

 

Die wêreldwye Covid-19 positief getoetste gevalle is nou amper 4 miljoen met 3 917 944 (gister was dit 3 820 736). Tot dusver het die virus reeds 270 740 lewens geëis (gister was dit 265 094) en 1 344 260 het herstel (gister was die aantal 1 303 146). Hierdie getalle sal meer word wanneer al die lande hul nuuste gevalle aan die World Health Organization deurgee. Daar is 112 lande wat gebuk gaan onder die virus.

Die lys van lande wat die hoogste getal Covid-19 pasiënte het, sluit in: (Getalle kan deur die loop van die dag verander)

  • Die VSA het die meeste lyers – 1 292 850 (vorige aantal 1 263 197) en 76 938 sterftes (vorige aantal was 74 807).
  • Spanje – 256 855 gevalle (vorige aantal was 253 682) en 26 070 sterftes.
  • Italië – 215 858 gevalle (vorige aantal 214 457) en die derde hoogste sterftesyfer van 29 958.
  • Verenigde Koninkryk – 206 715 gevalle (vorige aantal 201 101) en die tweede hoogste sterftesyfer van 30 615.
  • Rusland  het baie hoog opgeskuif met 177 160 (vorige aantal 156 929) en 1 625 sterftes.
  • Frankryk – 174 191 gevalle (vorige aantal 170 551) en 25 987 sterftes.
  • Duitsland – 169 430 gevalle (vorige aantal 168 162) en 7 392 sterftes.
  • Brazil – 135 773 gevalle (vorige aantal 126 611) en 9 190 sterftes.
  • Turkye – 133 721 gevalle (vorige aantal 131 744) en 3 641 sterftes.
  • Iran – 103 135 gevalle (vorige aantal 101 650) en 6 486 sterftes.
  • China – 82 886 gevalle (vorige aantal 82 885) en wat 4 633 sterftes. Daar is nog net 260 aktiewe gevalle in die land.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

8 Mei: SA Covid-19 gevalle nou 8 232

Related Articles

Back to top button