NewsNews

Vier beseer na bakkie rol

Vier mense, waarvan een ernstig, is beseer nadat die bakkie waarin hulle gery het, vanoggend (7 Februarie) omstreeks 06:00 op die N12 naby Potchefstroom gerol het.

Vier mense, waarvan een ernstig, is beseer nadat die bakkie waarin hulle gery het, vanoggend (7 Februarie) omstreeks 06:00 op die N12 naby Potchefstroom gerol het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici op die toneel gekom waar hulle ‘n vrou en drie mans langs die bakkie aangetref het.

“Die mense is op die toneel behandel. Die mans het geringe beserings opgedoen. Daar is gevind dat die vrou ernstig beseer is. Al vier is na die Potchefstroom hospitaal vervoer vir verdere behandeling,” het Meiring gesê.

Plaaslike owerhede was op die toneel om verder ondersoek in te stel. Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:

https://potchefstroomherald.co.za/69500/vier-beseer-na-bakkie-rol/

Related Articles

Back to top button