CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Callie derde beste in distrik

'n Leerling van Hoërskool Carletonville is tydens verlede jaar se matriekeksamen as die derde beste presteerder in die gebied aangewys.

Dalene Kirchner, Hoërskool Carletonville se beste presteerder tydens verlede jaar se eindeksamen, is by die jaarlikse Merafong City Plaaslike Munisipaliteit se toekenningsgala as die beste kandidaat in Merafong aangewys.
Sy het egter verlede Vrydag nóg ‘n groter toekenning verwerf toe sy tydens die Wes-Gauteng toekenningsaand as die derde beste kandidaat in dié gebied aangewys is.
Dalene het ‘n gemiddeld van 89% behaal.
“Nederigheid, harde werk en om gefokus te bly, was haar wenresep. Ons is ongelooflik trots op haar, asook die feit dat Hoërskool Carletonville vir die derde agtereenvolgende jaar die top-kandidaat in Merafong opgelewer het.
“Ons wil ook graag Dalene se vakonderwysers prys vir hul toewyding en harde werk,” sê ‘n woordvoerder van die skool, mnr. Barney de Koker.

Related Articles

Back to top button