HealthLifestyleNewsNews

Jan praat openhartig oor sy lewe as ‘n skisofreen

Julie is bewusmakingsmaand vir psigo-sosiale gestremdhede.

Julie is bewusmakingsmaand vir psigo-sosiale gestremdhede.

Jan (sy van word weerhou), ‘n inwoner van die Vaaldriehoek, lewe met skisofrenie. Elmé Coetzee, ‘n maatskaplike werker van Vaal Mental Health, het ‘n paar vrae aan hom gevra om die algemene publiek ‘n bietjie meer insig in die toestand te gee.
Vraag: Wanneer het jy agtergekom jy lewe met ‘n gemoedsversteuring?
Antwoord: Tydens ‘n motorfietsongeluk het ek my rug ernstig beseer en was nie stewig op my bene nie. Ek was buite by die swembad toe ‘n hond my omspring en het my kop hard gestamp met die val. Hierdie insident het my rug verder beseer en my as ‘n parapleeg in ‘n rystoel gelaat. Volgens my vrou het ek as persoon baie verander. Ek het stemme gehoor en gevind dit is in my kop. Aanvanklik was dit sag maar het toegeneem in intensiteit tot op ‘n punt dat die boodskappe my aangemoedig het om myself en my vrou skade aan te doen.
Vraag: So, trauma het jou gemoedsversteuring aangebring?
Antwoord: Ja, dit het.
Vraag: Het jy dit as skisofrenie herken en werk daarvan gemaak?
Antwoord: Nee, dit was eers toe die boodskappe intens was en baie hard dat dit my funksionering oorgeneem het. Ek het ‘n maatskaplike werker vertel en is verwys na die Mental Health kliniek by Johan Heyns-hospitaal.
Vraag: Praat jy met ander oor jou gestremdheid en siekte?
Antwoord: Ja, ek gee nie om as ander weet nie. Ek het nie gekies om so te wees nie.
Vraag: Help die medikasie vir die stemme wat jy hoor?
Antwoord: Die stemme is nou sag en op die agtergrond. Dit het nie heeltemal weggegaan nie, ek moet daarmee saamleef.
Vraag: Hoe affekteer stigma in die samelewing jou? Tree mense anders teenoor jou op as hulle weet?

Antwoord: Nee, nie werklik nie. Ek weet mense kan snaaks dink of bang wees.

 

 

Wat is skisofrenie: Dit is ‘n gemoedversteuring wat gekenmerk word deur abnormale sosiale gedrag en die onvermoeë om te besef wat die werklikheid is. Algemene simptome sluit in: valse oortuigings, gehoorhallusinasies, verwarde oortuigings en onduidelike denke, onaktiwiteit en ‘n verminderde vermoë van die persoon om sosiaal te verkeer en homself uit te druk. Die persoon is konstant in ‘n fase van psigose.

Meer besonderhede oor gemoedsversteurings is beskikbaar by Vaal Mental Health by (016) 931-2910.

Related Articles

Back to top button