NewsNewsSportSport

In die Herald 20 jaar gelede – Drie mans op slag dood in gru-botsing

Die Herald het weer oor verskeie gebeure in sy uitgawe van 20 jaar gelede berig.

Die Herald het weer oor verskeie gebeure in sy uitgawe van 20 jaar gelede berig.
‘n Tragedie het hom die vorige Vrydag op die Potchefstroom /Johannesburgpad tydens ‘n gru-toneel afgespeel toe drie families se geliefdes in ‘n oogwink deur die dood van hulle weggeneem is.
Me. Alida Meillon en haar man Marcelle (30), het by ‘n perseel langs die hoofweg vir ‘n motorfietsbyeenkoms bymekaargekom toe hul vriend, mnr. Jacques Botes (21), op Fochville wou gaan geld trek.
Dié twee mans is sommer op die motorfiets weg en kort daarna het sy gehoor daar was ‘n ongeluk, skaars 15 km van Fochville.
“Ek het onmiddellik ‘n gevoel gehad dat dit my man is,” het me. De Meillon gesê.
Sy en hul oudste seun, Hennie (12), was voor die polisie op die toneel, maar haar man, sy vriend en die bestuurder van die motor waarmee hulle gebots het, mnr. Charles Smit (21), is op slag dood.
Volgens ‘n vrou wat glo om 18:50 voor mnr. Smit gery het, was hy van Johannesburg af in die rigting van Potchefstroom onderweg toe die tragedie hom afgespeel het.
Smit het, volgens die vrou, glo telkemale probeer om voertuie verby te steek, waarna hy haar na bewering later van die pad af probeer dwing het om vinniger vorentoe te beweeg.
Hy was glo egter besig om haar verby te steek toe hy met die aankomende motorfiets gebots het.
‘n Werknemer van Oos-Driefontein goudmyn het die vorige Dinsdag in die stort op die myn inmekaargesak ná hy vir ‘n mediese ondersoek was.
Volgens mnr. Archie Kemm (52) se seun Ernest, was die ondersoek om 08:00 voltooi en het hy van pyn in sy bene gekla.
Hy is egter weer ondersoek en sy bloeddruk is ook geneem, waarna aan hom gesê is alles is in orde en hy kan maar gaan stort.
Enkele minute later het ‘n werker in die stort op hom afgekom waar hy ineengestort en oorlede is.
Die SAVF-gesinsorgkantoor op Carletonville het tydens ‘n provinsiale SAVF-konferensie in Gauteng met die toekenning vir Projek van die Jaar weggestap.
Die Carletonville Deurgangshuis was een van 20 inskrywings en is met dié toekenning vereer.
Weens die groot getal werklose persone asook hawelose gesinne wat daagliks by die gesinsorgkantoor op Carletonville aanmeld, is verdere navorsing in dié verband gedoen.
Statistieke is ook van ander welsynsorganisasies, skole, verskeie kerke en die landdroskantoor het verdere ontnugterende syfers van werklose en hawelose persone opgelewer.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button