NewsNewsSportSport

Jong rugbyspeler van Welverdiend presteer

‘n Jong rugbyspeler van Welverdiend het die afgelope seisoen gewys dat hy vir niemand hoef terug te staan nie.

Dewald Groenewald (13), die hoofseun van Laerskool De Beer op Welverdiend, is onlangs vir die o.13 A Goue Leeus rugbyspan gekies. Dié eer het hom te beurt geval ná hy aan verskeie proewe deelgeneem het.
Laerskool Dagbreek het Dewald ook by die proewe raakgesien en hom met ope arms in hul o.13A-span ontvang. Nie net het hy in talle wedstryd vir Dagbreek gespeel nie, maar hy is ook as dié span se kaptein gekies.
“Hy sal hulle ewig dankbaar wees vir sy blootstelling en afrigting wat hy hierdeur gekry het,” sê sy pa, mnr. Johan Groenewald.
Hy het ook as deel van die voorlopige Goue Leeus-span aan verskeie wedstryde in Welkom, Bloemfontein, Durban en Krugersdorp deelgeneem en is aan die einde van die reeks wedstryde tot die finale Goue Leeus-span gekies.
Dié span het van 24 tot 28 Junie aan die Cravenweek in Witrivier deelgeneem. Die Goue Leeus het op die oud einde derde in die Cravenweek geëindig.
“Dit is ‘n groot prestasie aangesien hy so min blootstelling aan rugby gehad het in sy laerskoolloopbaan. Hy sal volgende jaar ongelukkig nie verder vir die Goue Leeus kan speel nie, omdat hy sy hoërskoolloopbaan by Hoër Volkskool in Potchefstroom sal voortsit en hulle onder die Luiperds val. Dankie vir almal wat in hom geglo en hom ondersteun het,” sê Dewald se pa.

Related Articles

Back to top button