CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Ondersteun die SAVF se spesiale pretloop

Die Suid-Afrikaanse Vrouefedrasie (SAVF) op Carletonville hou môreaand, 31 Mei ‘n spesiale pretloop.

Volgens die SAVF se streeksbestuurder, me. Suzette Oosthuizen, word die pretloop by Hoërskool Carletonville gehou. Deelnemers kan reeds vanaf 16:00 begin opdaag om te registreer en die pretloop sal om 18:15 begin.
Daar sal ook ‘n verskeidenheid ander vermaak, waaronder stalletjies, gelukkige trekkings en ander pret vir die hele gesin wees.
Besoekers sal ook plakkers en ander “tekkie-tax” ware kan koop om so ‘n liefdadigheid te ondersteun.
Die geld wat tydens die byeenkoms ingesamel word, sal vir die SAVF se welsynswerk in die omgewing aangewend word.
Mense wat meer wil weet, kan vir Dayna by (018) 786 1016 skakel.

Related Articles

Back to top button