NewsNews

Polisie waarsku diefstal uit voertuie neem erg toe

Potchefstroom: Die afgelope week is daar meer as 20 sake by die polisie aangemeld oor diefstal uit voertuie of items agter van bakkies af.

Die afgelope week is daar meer as 20 sake by die polisie aangemeld oor diefstal uit voertuie of items agter van bakkies af.

Volgens polisiewoordvoerder, ao. Mpho Manyoba, is die soort sake besig om vinnig toe te neem.

Sy sê daar is ’n patroon oor gebiede waar dit die meeste voorkom.

“Die Bult is ’n gevaarsone. Studente moet nooit hulle skootrekenaars of ander waardevolle besittings in hul motors los nie,” sê Manyoba.
Sy sê dit help nie om waardevolle goedere in die paneelkissie of onder ’n sitplek weg te steek nie, want dit is die eerste plek waar rowers soek.

“Niks moet in ’n motor gelos word nie. Vensters word uitgeslaan net om ’n selfoonlaaier te steel. Dit het al gebeur. Moenie eers iets in die kattebak los nie, hulle weet presies waar mense waardevolle besittings wegsteek,” sê Manyoba.

Strate waar hierdie misdaad gereeld voorkom sluit in Perrinstraat en strate rondom die taxi-staanplek, die middestad (veral Walter Sisululaan, Dr James Morokalaan, Sol Plaatjiestraat en Newmarketstraat). Meeste van die strate in die Bultarea, maar veral Borcherdstraat is ook gevaarsones sowel as van die gebiede in Kanonnierspark.

Related Articles

Back to top button