CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Help behoeftiges tydens “Liggiefees”

Dit is nie meer vanjaar vir inwoners nodig om na buurdorpe toe te ry indien hul na lieflike Kersliggies wil kyk nie.

‘n Spesiale Liggiefees word huidiglik op die terrein van Memento restaurant in dié dorp gehou. Enige iemand kan die fees bywoon. Elkeen wat na di eliggies gaan kyk, moet egter iets vir minderbevoorregtes skenk om toegang te kry.

Volgens die eienaar van Memento, mnr. Kevin Gomez, is enige iets van ou klere tot kos tot sanitêre ware vir minderbevoorregte meisies welkom. Al die ware word aan ‘n welsynsorganisasie op die dorp geskenk word om na die mense wat dit werklik nodig het, te versprei.

Inwoners kan ook Saterdag deur die dag ‘n draai by Mementos maak wanneer die Sewevoet Band gratis om 12:00 gaan optree.

Related Articles

Back to top button