NewsNews

Groot Liggiefees vir Fochville om die draai

Inwoners van die omgewing sal dié jaar nie meer nodig hê om na buurdorpe toe te ry indien hul na lieflike Kersliggies wil kyk nie.

‘n Spesiale Liggiefees gaan van die begin van volgende maand af op die terrein van Mementos restaurant in dié dorp gehou word. Enige iemand sal die fees kan bywoon maar sal iets vir minderbevoorregtes moet skenk om toegang te kry.
Volgens die eienaar van Mementos, mnr. Kevin Gomez, is enige iets, van ou klere tot kos, tot sanitêre ware vir minderbevoorregte meisies welkom. Al die ware sal aan ‘n welsynsorganisasie op die dorp geskenk word om na die mense wat dit werklik nodig het, te versprei.
Besighede is ook welkom om liggies vir die fees te skenk. Teen dié week het die organiseerders reeds honderde liggies van besighede en inwoners ontvang. Daar gaan ook ‘n spesiale program as deel van die fees aangebied word.
Die liggies sal op 2 November aangeskakel word en die maandelikse straatmark, De Goede Mark, sal die volgende dag gehou word. ‘n Skou van die Boerboelvereniging sowel as ‘n vertoning deur die plaaslike sanger Leon du Plessis, ‘n deelnemer aan die The Voice SA-kompetisie, sal op 10 November plaasvind.
Ander aksies wat as deel van die fees aangebied sal word, sluit ‘n spesiale aandmark op 30 November in.
Mense wat nog liggies vir die fees wil skenk, kan Gomez by 083 225 8811 of sy vrou, Michelle, by 082 696 3196 skakel.

Related Articles

Back to top button