EntertainmentNewsNews

Kleuterskool maak staat op gemeenskap-steun

Die Eendjie-kleuterskool in Schonkenville kon vanjaar uiteindelik na hul eie perseel skuif.

Die Eendjie-kleuterskool in Schonkenville kon vanjaar uiteindelik na hul eie perseel skuif.

Die skool is in 2001 gestig en het tans kleuters tussen 2 en 5 jaar oud. Die kleuterskool staan onder leiding van Belinda Johnson, Martha Fortuin en Helet Claassens. Selfs ’n paar ouers help om vir die kleuters te kook, om hulle te versorg en na hulle om te sien, want hier het die kleingoed hope pret wanneer daar gespeel, geleer en gelag word.

Maar om hierdie skooltjie aan die gang te hou is hulp uit die gemeenskap baie nodig. Enige skenkings vir gom, vetkryt, afvalpapier, karton, speelgoed, matte, meubels, boekrakke of enige ander artikels is baie welkom. Mense kan dit na die kleuterskool neem in Vyfdestraat 247, Schonkenville.

Skenkings kan ook afgehaal word en mense kan reëlings tref hiervoor deur Martha te skakel by 061 963 0940, of Belinda by 076 445 7422.

Related Articles

Back to top button