LettersOpinion

Besighede beskadig bome met advertensieborde

"Ek sal so besigheid nooit ondersteun nie."

Anton Visser skryf per e-pos:

Ek is ‘n inwoner van Brakpan en sien in die Herald van Vrydag, 13 September dat mense bly is oor die dorp se strate wat skoongemaak word. (Skoon straat verras).

Dit is verblydend en moet aangemoedig word sodat Brakpan ‘n beter naam kry.

Daar is egter mense en besighede wat die dorp se bome en verkeerstekens as basis vir hul advertensie borde gebruik en dit skep ‘n baie slegte prentjie van ons dorp!

Wanneer ‘n besigheid geen respek vir die natuur het nie, hoekom moet  ‘n mens dit ondersteun?

Is dit hul amptelike beleid om die dorp se bome te gebruik vir advertensie pale?

Ek is nie ‘n “boom aanbidder” nie, maar dit irriteer my oneindig baie om ook advertensieborde, wat aan bome vas gespyker is, te sien.

Ek sal so besigheid nooit ondersteun nie.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button