CrimeLocal news

OPVOLG: Hendrik van Dyk se moordenaar nog op vrye voet

Sy liggaam is ongeveer 12.30 in die sloot, wat met vuil water gevul was ontdek.

Alhoewel daar nog niemand aangekeer is vir die moord op Hendrik van Dyk, wie se liggaam op 24 September ontdek is nie, gaan die ondersoek steeds voort en word alle moontlike leidrade opgevolg.

Die Herald het in die uitgawe van 29 September berig oor die moord op die 46-jarige inwoner wie se liggaam in ‘n sloot reg oorkant sy woonplek in Goodsweg gevind is.

Van Dyk is verskeie kere met ‘n mes of ander skerp voorwerp gesteek en sy liggaam is eers ontdek nadat sy vrou, Elain van Dyk, ure na sy verdwyning sy pantoffel naby die moordtoneel opgetel het.

Hy het die aand van 23 September vermis geraak toe hy van ’n familielid se huis na sy gesin se woning in Goodsweg gestap het.

Daar is op die oggend van 24 September ’n grootskaalse soektog na sy liggaam van stapel gestuur waartydens ’n hommeltuig ook ingespan is.

Sy liggaam is ongeveer 12.30 in die sloot, wat met vuil water gevul was ontdek.

“Dit is maar steeds moeilik om sin te maak van wat gebeur het maar ek vat dit een dag op ’n slag,” het Elain gesê.

Sy ontvang terugvoering van die SAPD maar het die hoop uitgespreek dat die saak nie sal dood loop nie en dat die persoon wat verantwoordelik is vir haar man se dood gevind sal word en dat geregtigheid sal geskied.



LEES OOK: Opvolg: Nagwaak vir vermoorde man gehou

LEES OOK: Man se lyk ontdek nadat vrou sy pantoffel raaksien

Related Articles

Back to top button