Local newsNews

DBV red volstruise uit modder

Die paar is op 28 September uit die modderput gered en na die DBV se perseel geneem.

Twee volstruise, wat Mudpie en Nessie gedoop is, is onlangs uit ‘n modderput gered deur die Brakpan Dierebeskermingsvereniging (DBV), met die hulp van Arion Equestrian Centre, wat die volstruise vervoer het.

Ongelukkig het die reddingspoging ‘n hartseer nadraai gehad, nadat Mudpie van kant gemaak moes word weens ‘n besering wat hy opgedoen het.

Nadat die twee volstruise uit die modderput gered is en gemaklik tuis gemaak is by die DBV is daar opgemerk dat Mudpie se vlerke sleep, en dat hy dit nie kon optel nie.


Bulelani Manci en Joggie Marais staan op ‘n sinkplaat, wa oor die modderput geplaas is om die volstruise by te kom.

Die Johannesburg Wildlife-dierehospitaal is ingeroep vir raad, en dr Karin Lourens met haar assistent Wendy Wilson het ondersoek ingestel.

Tamaryn Lombard en Elzette van Zyl het gehelp om X-strale van die volstruis te neem, wat getoon het dat albei vlerke gebreek was en dat daar min kans op herstel was.

Dit word vermoed dat die volstruis se vlerke gebreek is in die struweling met die modder.

Mudpie was heel moontlik in baie pyn, met geen kans om ooit weer pynloos te verkeer nie en is uitgesit om sy lyding te verlig.


‘n X-straal van Mudpie se vlerk wys dat dit gebreek is en nie sou herstel nie.

Nessie was ‘n bietjie angstig na die voorval in die modderput, maar is anders heel gesond en bly tans by die Brakpan DBV.

Sy sal uitgeplaas word na iemand wat haar kan versorg, sodra sy weer heeltemal op die been is.

“Weer eens wil ons net die Johannesburg Wildlife-dierehospitaal bedank, sowel as dr Karin en haar span.

“Hulle het bo verwagtinge opgetree vir die diere. Ons wil ook Arion Equestrian Centre bedank vir die hulp met die vervoer van die diere, en al ons ondersteuners wat bankvas agter ons gestaan het terwyl ons, ons bes probeer het om te help,” lees die DBV se Facebook plasing.


ALSO READ: Raise funds for breast cancer

ALSO READ: Inspiring woman entrepreneur bags international award




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

Related Articles

Back to top button