Local newsNews

Josefskleed groei buitengewoon groot

Daphne Cos glo dat plante genoeg water en liefde moet kry.

Die dag toe Daphne Cos (67) van Gardinerlaan ‘n stiggie van ‘n Josefskleed in ‘n pot gedruk het, het sy nie veel hoop gehad dat die plant sou groei nie.

Tot haar verbasing het die plant egter in so ‘n mate gegroei dat dit hoër as ’n meter staan, met blare wat groter as ’n volwassene se hand is.

Daphne is baie in haar noppies aangesien sy tog groen vingers het maar nog nooit veel sukses gehad het om ’n Josefskleed aan die groei te kry nie.


LEES OOK: Electrical engineer warns of impending infrastructure failure


Die plant staan in haar huis in ’n sonkamer en kry baie gereeld water.

Sy vertel dat sy graag in die tuin vroetel om besig te bly en dat baie van haar plante soos varkore, vetplante, en ander lelies in potte groei.

“Plante is soos mense. Hulle floreer as hulle liefde ontvang. Wanneer ’n mens ouer raak is dit nie ‘n goeie ding om stil te sit nie daarom bly ek maar doenig met my plante,” het Daphne vertel.



Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button