Local newsNews

Pa veg steeds om sy lewe na rowers hom skiet

Sy bloeddruk is ook laag en hy is aan ’n ventilator gekoppel.

Twee-en-dertig-jarige Gerald van Jaarsveld, wat voor-verlede Donderdagaand deur rowers in sy huis in Brakpan-Noord geskiet is, was teen druktyd steeds in ’n kritieke toestand in die hospitaal.

’n Nabye familielid van die jong pa het aan die Herald gesê dat Gerald Maandag vir die sesde keer geopereer is en dat daar groot kommer oor sy toestand is.

Volgens die familielid is Gerald ook sedert Maandag op dialise geplaas omrede sy nierfunksie verswak het.

Die Herald het verlede week berig oor die voorval waartydens Gerald en sy verloofde, Kathleen van Wyk (35), in hul huis geskiet is toe hulle hulself in inbrekers vasgeloop het (Huisrowers oorval slapende gesin, skiet man en vrou).

Using Women’s Month to create GBV awareness

Kathleen is eerste in die maag geskiet, waarna Gerald vier keer in die regterbeen en een keer in die maag getref is.
Die paartjie se ses kinders tussen die ouderdomme van drie en 16 jaar was ten tye van die voorval in die huis, asook ’n bejaarde egpaar.

Hulle almal was ongedeerd. Nadat Gerald en Kathleen gewond is het die booswigte voort gegaan om waardevolle items uit die huis te verwyder, wat in Kathleen se Picanto gelaai is voordat hulle op die vlug geslaan het.

Daarna is hulp ontbied waarna die gewonde paar na die Verre-Oosrandse Hospitaal geneem is. Kathleen is verlede Sondag na mediese prosedures ontslaan, maar Gerald het ’n terugslag beleef en is verlede Maandag na die Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal oorgeplaas, waar hy steeds om sy lewe veg.

Volgens die familielid het hy sepsis in sy buik ontwikkel en moes hy operasies ondergaan om sy maag skoon te maak.

City Power beefs up operations to stem annual R2 billion non-technical losses

Sy bloeddruk is ook laag en hy is aan ’n ventilator gekoppel. Kathleen is Maandagaand toegelaat om haar verloofde vir die eerste keer te besoek sedert hy na dié oorgeplaas is.

Sy het in ’n inskrywing op Facebook bladsy Gebede vir Gee en Katryn verduidelik dat sy sowat ’n uur by hom deurgebring het.

Sy het vir hom vertel dat almal vir hom lief is en dat almal vir hom bid. Toe sy die kinders se name genoem het en by hom gepleit het dat hy moet aanhou veg het sy oë gerek en het daar trane uitgeloop.

Die saak word deur die Brakpan SAPD ondersoek en enigiemand met inligting kan die polisiestasie by 011 744 7100 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button