Local newsNews

In die Kollig

Trinity Petzer (13) is vanjaar die hoofdogter van Laerskool die Arend. Sy woon saam met haar ouers, Juan en Danielle, en twee sussies, Feebey (12) en Jay-Dee (9), in Brakpan. Wat het deur jou kop gegaan toe jy hoor jy is gekies as hoofdogter vir Laerskool die Arend? Ek het gedink: “O jinne, nou moet

Wat het deur jou kop gegaan toe jy hoor jy is gekies as hoofdogter vir Laerskool die Arend?

Ek het gedink: “O jinne, nou moet ek ’n toespraak maak”. Op ’n ernstige noot, ek kon dit nie glo nie. Ek het dit glad nie verwag nie en het vir myself net gesê ek is bly ek is ’n leier en wat ook al gebeur is oukei, maar toe mnr Lange my naam lees was ek ’n bietjie in skok.

Wat beteken dit vir jou om hoofdogter van die skool te wees?

Dit is vir my ’n ongelooflike eer en voorreg om hoofdogter te kan wees van Laerskool die Arend. Om hoofdogter te wees beteken dat jy ten alle tye ’n voorbeeld moet wees vir jou mede-leiers, maats en die kinders in die skool.

ALSO READ: 

Mak voël, wat soos kind in die huis was, vlieg weg

Waarna sien jy die meeste uit van hierdie skooljaar?
Ek het baie uitgesien na sport. Om gedurende my laaste jaar op laerskool deel te neem aan atletiek, netbal en ons toere, maar ongelukkig kan ons dit nie doen nie, hopelik kan ons nog hokkie speel die jaar. Ek plaas nou my fokus op akademie en ek sien net uit om saam my mede-leiers te werk en ’n sukses te maak van 2021.

Die skooljaar gaan waarskynlik anders wees, as gevolg van Covid-19. Is jy reg vir die uitdaging?
Ek is definitief reg vir enige uitdagings wat voorlê. Gelukkig pas ons gou aan by die nuwe normaal. Ons tema vir 2021 is Hoop. Sonder hoop, waar sou ons almal wees? Ek sien nog steeds uit na ons nuwe normaal in die oë van hoop in ons Vader.

Waarvoor is jy ’n bietjie skrikkerig?
‘n Mens is maar altyd bietjie skrikkerig vir die onbekende, die verwagtinge van doen ek dit reg of sê ek dit reg. Tog, met al my ondersteuning van maats, onderwysers, my ouers en my Vader van Bo, sien ek kans vir alles wat ek aanpak.

Wat dink jy maak iemand ’n goeie leier?
Om ’n leier te wees is ook om altyd ’n voorbeeld te stel. Jy is altyd onder die vergrootglas, maar so lank jou kop en jou hart in die regte plek is en jy kom jou verantwoordelikhede na met ’n nederige hart is al reeds ’n goeie leier.

Watter vak is jou gunsteling en hoekom?
Wiskunde, dit hou my brein aan die gang en ek hou van uitdagings en probleme oplos.

Wat is jou heel gunsteling kos vir in jou skool kosblik?
Dit is nou wel nie kos nie, maar sal nooit nee sê vir ’n sjokolade nie.

Wat moet jou ma tog nie vir jou in jou kosblik inpak nie?
Asseblief nie tuna nie.

As jy enige iets kon verander van skool, wat sou dit wees?
Ek sou niks wil verander van skool nie, ek geniet skool vreeslik. Ek glo daar moet roetine wees en gelukkig hou ek van roetine. Ek moet weet wat ek volgende doen, anders is my dag deurmekaar en ek is nie in beheer nie.

Wat laat jou die lekkerste lag?
My vriendinne se grappies.

Beskryf jouself in drie woorde?
Nederig, doelgerig, pligsgetrou.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

 

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 Follow us:

    

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
 
 

Related Articles

Back to top button