Editor's choiceLocal newsNews

Ons Winkel open sy deure

Behoeftige mense wat kwalifiseer word met dié skenkings gehelp.

Solidariteit Helpende Hand se Ons Winkel is Vrydagoggend amptelik in Brakpan geopen.

Helpende Hand het tans meer as 60 Ons Winkels landwyd en met ’n heenkome vir alles wat in die pad staan, maak dié winkels dit vir die publiek maklik om aan die werk te spring en weer orde in hul kaste te skep.

Esmé Strauss, voorsitter van Solidariteit Helpende Hand in Brakpan, het die winkel Vrydag amptelik geopen en verduidelik  dat die doel van Ons Winkels is om skenkings uit die gemeenskap in te neem en aan te wend om armoede te verlig, te verbreek en te voorkom.

Lees: Just Wheels en Helpende Hand reik uit na dié wat swaarkry

“Behoeftige mense wat kwalifiseer word met dié skenkings gehelp en die res van die voorraad word verkoop.

“Die geld wat met die verkope van die tweedehandse ware ontvang word, word gebruik vir gemeenskapsprojekte en ook vir studiefondse vir behoeftige studente,” het Strauss gesê.

Esmé Strauss, voorsitter van die Brakpan tak van Solidariteit Helpende Hand (middel) het Ons Winkel Vrydag amptelik geopen. Saam met haar in die foto is lede van Solidariteit Helpende Hand (van links): Coreen Ferreira, Suzette van Rooyen, Charmanay Schoeman en Belinda Coetzer.

“Die publiek kan nou die ledige ure, as gevolg van die inperking weens Covid-19 gebruik om hul kaste reg te pak en van alle ou klere en oortollige huis- en motorhuisware ontslae raak deur dit vir liefdadigheid te skenk,” het  René Roux, Solidariteit Helpende Hand se adjunk-uitvoerende hoof van kommunikasie gesê.

“Hierdeur kan jy in ’n moeilike tyd ’n goeie taak verrig waarby nie net jou huishouding sal baat nie, maar wat ook ’n verskil in ’n behoeftige mense se lewe kan maak,” het Roux bygevoeg.

Lees: Solidariteit bring vreugde met nuwe tassies

Klere, kombuisware, speelgoed, elektriese toerusting, meubels en linne kan na die Ons Winkels geneem word.

Die Brakpan winkel is skuins agter Benn’s Apteek, in Voortrekkerweg geleë.

Duidelike naamborde is aangebring en die publiek word uitgenooi om Ons Winkel te gaan besoek.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button